Paasfees Toewyding

Paasfees Toewyding

Ons het hierdie paar studies saamgestel as deel van ons paasfees reeks, wat ons ook saam met ons kinderkerk & jeug programme uitrol. Ons is opgewonde oor hierdie samewerking.

As ‘n kerk familie is dit ons begeerte om hierdie jaar meer saam te bid, mekaar te bemoedig en eenvoud in die geloof na te strewe. Ons vra dat julle dieper sal grawe in die evangelie, die Skrif goed sal bestudeer en mekaar deur gesprek en gebed sal versterk.

Voor ons begin:

Die Paasfees Aandete Studies is ‘n weeklikse samekoms. Elke week se studie bestaan uit 4 stappe om jou te help deelneem aan die proses.

Stap 1: LEES die onderstaande skrif (as jy deel van ‘n groep is, lees dit asseblief hardop saam).

Stap 2: BEDINK die skrif wat gelees is, en bespreek dan die paar vrae wat gegee word (vir die met jonger kinders, fokus aandag op die onderstreepte vrae).

Stap 3: TOEPASSING. Bespreek hoe die skrif jou lewe sal rig vir die week.

Stap 4: BID die gebed wat gegee word met elke studie, of enige ander gebed van jou eie wat toepaslik sal wees.

Elke studie bevat ook bietjie konteks om jou te help dink en gesels oor die skrif. Hierdie studies is natuurlik vir enige iemand - nuwe gelowiges, meer volwasse gelowiges, asook die wat gereeld bybel lees en die wat sukkel daarmee.

Ons het die studies ontwerp om binne die konteks van families, vriende kringe en klein groepe behandel te word. Dit hoef ook nie dieselfde mense elke week te wees nie. Alhoewel ons ook elkeen aanmoedig om die studies as deel van ‘n groep aan te pak is dit natuurlik nie ‘n vereiste nie. Die studies werk ook goed vir individue wat dit wil gebruik in hulle private stilte tyd.

Laastens moedig ons almal aan om hulle eie bedenkinge, toepassings en getuienisse kortliks neer te skryf in elke toewyding. Dit help mens altyd later om weer terug te kyk na als wat geleer is, en dit skep ook geleentheid vir stories om met mekaar en met ons gedeel te word. Ons sien eintlik uit daarna om van julle te hoor in hierdie verband.

Ons bid dat julle baie baat sal vind by hierdie Paasfees Toewyding. 

Baie liefde,

Die BBC Span